Woord vir Vandag - 11 April 2025

Loading player...
“Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek moet maak… Julle is die lig wat die wêreld moet verlig…” Matteus 5:13-14 NLV
Jy is geroep om sout en lig te wees
Jesus het vir ons twee alledaagse metafore gegee sodat ons duidelik kon verstaan hoe Hy wil hê ons Hom elke dag moet dien en verteenwoordig. 1) Sout. Die enigste ding wat sout kan bedreig is om vir so lank in ‘n soutpot te wees dat dit klam word, sy geur verloor en nie meer gestrooi kan word nie. Jesus het gesê: ‘Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word’ (vers 13 NLV). Dis nie genoeg om goeie preke te geniet en ryke insigte uit jou Bybelstudie te kry nie; jy word geroep om dit te deel en dit op ander mense uit te strooi. 2) Lig. In plaas daarvan om jou van die wêreld te isoleer, is jy veronderstel om dit te verlig. Donker is nie vir die lig ‘n bedreiging nie; dis waar die lig sy beste werk doen. Jesus het gesê: ‘Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ‘n Mens steek ook nie ‘n lamp op en maak dit dan onder ‘n emmer toe nie. Allesbehalwe! Jy sit dit bo-op ‘n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ‘n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien, en julle hemelse Vader daarvoor prys!’ (verse 14-16 NLV). In ‘n wêreld van toenemende wanhoop, is jy geroep om die lig van die evangelie aan diegene wat in geestelike donkerte leef, te bring. Die woord vir jou vandag is dus – wees sout en lig.
10 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min