Woord vir Vandag - 12 April 2025

Loading player...
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie…” Efesiërs 6:12 AFR53
Verwag om te ‘worstel’
Die nuwe geboorte bring ‘n nuwe stryd tussen jou wedergebore gees en jou onwedergebore liggaam, wat steeds na ou begeertes smag en aan ou neigings vashou, mee. Paulus beskryf dit as ‘n worstelstryd. ‘Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly’ (verse 12-13 AFR53). Die wenner in ‘n worstelstryd is die een wat steeds staande is wanneer die stryd verby is. Dink dus aan ‘n stoeigeveg en jy sal ‘n idee kry waarteen jy elke dag te staan kom. Om hulleself voor te berei, oefen die vegters vir ure lank. Elkeen weet dat hulle twee dinge nodig het om te wen: krag en ‘n strategie. Hulle het egter meer as dit nodig: hulle het ook vasberadenheid en uithouvermoë nodig. Elkeen weet ook dat dit baie belangrik is om nie hulle opponent te onderskat nie! ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly…’ (1 Petrus 5:8-9 NLV). Moet dus nie probeer om Satan in jou eie krag te verslaan nie en moenie jou waaksaamheid vir ‘n oomblik laat verslap nie, want jy sal verloor. Paulus skryf: ‘Die bedoeling is dat ons nie deur die Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!’ (2 Korintiërs 2:11 NLV). Verwag dus om te ‘worstel,’ en verwag om te wen.
11 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min