Woord vir Vandag - 13 April 2025

Loading player...
“en sy gawes en roeping staan onherroeplik vas.” Romeine 11:29 NLV
Gebruik jou gawes en bedien ander
Wanneer God aan ons ‘n geestelike gawe gee, neem Hy dit nie terug nie, ‘en sy gawes en roeping staan onherroeplik vas.’ As God dit nie doen nie, moet ons ook nie! Paulus skryf: ‘…as ander gelowiges aan die een of ander sonde toegee, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, hulle dadelik reghelp. Bring hulle terug op die regte pad sonder om hulle te veroordeel. Tree vol deernis op… Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag… As julle dink dat julle te belangrik is om vir ander mense om te gee, begryp julle net mooi niks van die evangelie nie’ (Galasiërs 6:1-3 DB). Wanneer ‘n broer of suster in Christus die pad byster raak, sê die Bybel vir ons wat ons moet doen: Ons moet hulle liefdevol konfronteer, korrigeer, raad gee en hulle bedek. Die Bybel sê: ‘…Sulke liefde maak baie sondes toe’ (1 Petrus 4:8 NLV). Om die sondes ‘toe te maak’ beteken nie dat dit toegesmeer word nie. Dit beteken om ‘n plek van skuiling en herstel te bied waar hulle heel gemaak kan word. Die wêreld hou ons dop om te sien hoe ons dit hanteer. As ons diegene tussen ons wat struikel weggooi, hoekom sal die wêreld dan na ons vir hulp draai? Jesus het ‘n blinde man genees deur klei op sy oë te vryf en vir hom te sê om dit in die Siloam-bad te gaan afwas. Hoe ver was die bad? Ons weet nie. Hy het egter iemand nodig gehad om sy hand vas te hou en saam met hom te loop totdat hy dit bereik het en sy sig herstel is. Dit is waarvoor ons geroep is.
12 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min