
Die plaaswerker, die minimumloon en die '24 loonopgawe
Loading player...
Die 2024 loonopname van die Landbou Werkgewersvereniging toon 'n 7 persent verhoging in totale maandelikse vergoeding vir plaaswerkers op kommersiële plase, wat gemiddeld 4 391 Namibiese dollar en 20 sent beloop. Monetêre betaling het tot 2 931 dollar 28 sent gestyg, wat 14 persent hoër is as in 2022, terwyl nie-monetêre voordele soos behuising teen 1 090 dollar en 99 sent, en vervoer ter waarde van 312 dollar en 21 sent per maand, ook toegeneem het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danie van Vuuren, die vereniging se uitvoerende hoof, oor die impak van die minimumloon.