
ANC sal onderhandel oor BTW
Loading player...
Die ANC sê hy gaan voort om te bewys hy is gereed om met alle parlementêre rolspelers te beraadslaag wat op nasionale belang, openbare aanspreeklikheid en die bevordering van ekonomiese herstel fokus. Die party se onderhandelingspan onder leiding van sekretaris-generaal Fikile Mbalula het met ActionSA vergader om die dooiepunt oor die BTW-verhoging aan te spreek. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê albei partye erken die dringendheid om die huidige begrotingsprobleem op te los en die beginsels van goeie fiskale beheer na te kom: