Mens-dier-konflik 'gaan net erger word'

Loading player...
Die omgewingsministerie het die gebied van Casablanca naby Oshivelo ontbos ná 'n leeu-aanval. Adjunkdirekteur in die ministerie Erkki Rehabeam sê die buffersone het ten doel om gevaarlike ontmoetings te voorkom. Dit volg op 'n voorval waar twee bewaarders deur 'n leeu beseer is. Die leeu, 'n tiener mannetjie, was moeilik om te vang weens die digte bos. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van navorsing by die Namibiese Natuurstigting gepraat oor die aanslag teen mens-dier-konflik.
11 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Los eers rooilyn, kyk na Angola-grens: Venaani

In sy eerste parlementêre toespraak het landbouminister Mac Hengari aangekondig dat die kabinet 'n strategie het om die rooilyn te verwyder en die voorvaderlike grondkwessie op te los. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met PDM-president McHenry Venaani, wat sê die grens met Angola moet eers beveilig word voordat die regering…
18 Apr 6AM 1 min

Kleinhandelaars van klere, skoene dryf SA groei in Februarie

Kleinhandelverkope in Februarie het volgens Statistieke Suid-Afrika met 3,9-persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die sterkste groei is getoon by kleinhandelaars van tekstiele, klere, skoene en leerware teen 15,7-persent, sowel as algemene handelaars, wat met 3,4-persent gestyg het. Raquel Floris van Statistieke SA sê egter op 'n maand-tot-maand-grondslag…
18 Apr 6AM 1 min

Bemagtig Namibiërs en maatskappye is welkom: Hengari

Landbouminister Mac Hengari sê Namibiërs moet 'n betekenisvolle rol speel in die ontginning van die land se natuurlike hulpbronne en ekonomiese potensiaal. Hy het by die sooispit-seremonie van die Vigor Biotegnologie Produksiefasiliteit in Hentiesbaai gepraat. Die nuwe fasiliteit sal hoë waarde rob- en neut-olies lewer wat ryk is aan omega-3,…
18 Apr 5AM 1 min

Wits-eetstakingskomitee eis registrasie van alle studente

Die Wits-eetstaking-solidariteitskomitee het na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in Johannesburg opgeruk om die registrasie van alle studente te eis, ongeag uitstaande skuld. Die betoging volg ná 'n eetstaking van 12 dae, met studente wat Wits Universiteit beskuldig dat hulle arm swart studente ignoreer. Die komitee se woordvoerder, Feziwe Ndwayana, vra die…
18 Apr 5AM 1 min

Waar wil inligtingministerie heen reis vir N$28 miljoen in S&T?

Verskeie nuwe parlementslede het in hul nooienstoesprake die voorgestelde begroting gekritiseer. John-Louw Mouton, die IPC se skaduminister van inligting- en kommunikasietegnologie, sê daar word nie genoeg voorsiening gemaak vir sagteware infrastruktuur nie. Mouton het ook die inligtingministerie se S&T-toewysing bevraagteken.
18 Apr 2AM 1 min