
Suikerrietkwekers het kommer oor Trump-tariewe
Loading player...
Die organisasie Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers waarsku enige verhoging in Amerikaanse tariewe op suikerinvoere kan kwekers en landelike gemeenskappe ernstig benadeel. Die organisasie vra die regering om voort te gaan met sy onderhandelings met Amerika om verdere uitvoerbelasting te voorkom. Uitvoerende hoof Thomas Funke sê hoewel die tarief van 30-persent vir 90 dae opgehef is, stel die voortgesette tarief van 10 persent steeds werk en voortbestaan in gevaar in KwaZulu-Natal en Mpumalanga: