Ontleding toon Air Namibia is onvolhoubaar

Loading player...
Ontleders is skepties oor die regering se planne om 20 miljoen Namibiese dollar aan ‘n lewensvatbaarheidstudie vir ‘n nuwe Air Namibia te bestee, plus nóg 3 miljard dollar oor ‘n tydperk van vyf jaar om ‘n nuwe nasionale lugredery te vestig. Kosmos 94.1 het Hiren Naidoo, ‘n ontleder by Cirrus Capital, om kommentaar genader:
15 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Was die Trump-Putin gesprek enigiets werd?

Die telefoongesprek tussen Amerikaanse president Donald Trump en sy Russiese eweknie oorheers die internasionale nuustoneel. Maar, daar is nie veel vleis aan die verklarings nie. Trump het buite die Withuis met die media gepraat.
20 May 1AM 1 min

Kaapse polisie vind R35 000 se kokaïen na hoëspoed-jaagtog

Die Kaapstadse Metropolisie het 'n bestuurder met kokaïen ter waarde van ongeveer 35 000 Suid-Afrikaanse rand betrap ná 'n hoëspoed-jaagtog in Brackenfell. Die bestuurder het te voet probeer vlug en ook probeer om beamptes om te koop met byna 7 000 rand kontant. Die polisie het in die afgelope week…
20 May 1AM 1 min

Nanso sê ‘los die tjoef’

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het 'n veldtog #losdietjoef geloods, verwysende na damprook. Die organisasie het tydens besoeke aan skole die tendens om te damprook waargeneem en het besluit om bewusmaking oor die probleem te skep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nanso president Dorothea Nangolo.
20 May 1AM 1 min

Namport sê Shark Island is nie 'n kwessie met sy Lüderitz-planne nie

'n Grootskaalse olie- en gasvoorsieningsbasis word vir Lüderitz beplan deur Namport, met net die projek se aanvanklike fase wat na beraming meer as 4 miljard Namibiese dollar sal kos. Die tender vir die eerste fase word in die derde kwartaal verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Elias Mwenyo, Namport…
20 May 12AM 1 min