Kharas se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Nicodemus Mbango, het bevestig dat die 63-jarige Suid-Afrikaner Jacobus Linteeze vermis is in die Visrivier-canyon. Hy laas op 16 Mei gesien is toe hy saam met 'n groep van 12 lede in die canyon gaan stap het maar was nie daar toe hulle die…
Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa sien uit na ʼn suksesvolle vergadering môre met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, wat daarop gemik is om die verhouding tussen die twee lande te herstel. Die president het in Washington DC aangekom. Hy word vergesel van vier ministers, Ronald Lamola, Khumbudzo Ntshavheni, John…
Vir die eerste keer in die geskiedenis behoort die titel van die Wêreld se Sterkste Man aan Afrika. Rayno Nel, ’n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat ‘n sterkman geword het, het die 2025-kompetisie in Sacramento, Klaifornië, met sy debuut gewen. Dit is die eerste nuweling sedert 1997 wat die titel verower,…
Sestien Namibiese ondernemings het belangstelling uitgespreek om by te dra tot die vestiging van 'n nuwe nasionale lugdiens. Dit is bevestig deur Julius Ngweda, woordvoerder van die vervoerministerie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n gespesialiseerde tegniese komitee aangestel is om toesig te hou oor die proses.
‘n Reuse-beloning van 170 000 Namibiese dollar na die stroop van ‘n renosterkoei in die Suide verlede week, is aangebied. Haar kalf is eers twee dae later gevind maar sterk goed aan. Intussen is die bekende privaatondersoeker van die buurland Mike Bolhuis by die misdaadondersoek betrek. Hy het met Kosmos…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.