
Wat's so spesiaal aan Mushokabanji as Meatco HUB: Venaani in NV
Loading player...
Die herrie oor die heraanstelling van Mwilima Mushokabanji as Meatco se uitvoerende hoof het in die parlement gaan draai. Die opdrag van die kabinet na die raad nie sy termyn hernu het nie, is wyd veroordeel. Voormalige landbouminister Calle Schlettwein het ook gewaarsku oor die heraanstelling, want gedurende sy termyn as maatskappyhoof is 1 miljard Namibiese dollar van belastingbetalers se geld bestee, sonder dat 'n wins bereik is. PDM-president McHenry Venaani het die volgende vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig oor die kabinet se besluit.