
Niemand vas na skietery by Oos-Kaapse universiteit nie
Loading player...
Die Oos-Kaapse polisie sê niemand is nog in hegtenis geneem ná gisteroggend se skietvoorval op die Mthatha-kampus van die Walter Sisulu-universiteit nie. 'n Student is na bewering deur 'n kampuskoshuisbestuurder geskiet tydens 'n betoging oor kwessies, insluitend die haglike toestand van verblyf. Twee ander studente is in die hospitaal opgeneem. 'n Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê hulle sal die skietvoorval deeglik ondersoek: