
Dit is vandag die 10de herdenking van spotprent-legende Gene Travers se dood
Loading player...
Dit is vandag die tiende herdenking van die dood van Namibië se legendariese spotprent-tekenaar Gene Travers. Hy het in die laat Sewentigs spotprente vir die destydse Windhoek Observer geteken en het in 1981 by die Republikein aangesluit. Baie het hom beskryf as 'n kunstenaar met 'n hoë verantwoordelikheidsin en sy werk is deur baie bewonder. Travers is op die ouderdom van 70 dood na ‘n lang stryd met kanker. Oud-kollega Gert Jacobie onthou Travers so...