
70ste bestaansjaar van NWU PUK-Koor word met sang en geselligheid gevier
Loading player...
’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die NWU PUK-Koor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier. Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar, sê Kobus Venter, koordirigent. Hy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop. Belangstellendes kan registreer om meer inligting van die geleentheid te bekom deur ‘n epos te stuur aan puk-koor@nwu.ac.za en om op Facebook te gaan loer https://www.facebook.com/NWU.PUK.Koor/