
Meer openbare laaistasies vir elektriese voertuie op pad
Loading player...
Elektriese voertuie is besig om vastrapplek in Namibië te kry, wat die behoefte aan toeganklike laai-opsies uitlig. Die Grove Mall in Windhoek het nou die land se eerste openbare laaistasie, wat met die hulp van hernubare energie-voorstaanders Jens Denk en Conrad Roeder van stapel gestuur is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia, wat sê meer laaistasies is op pad.