
Namibië, Spanje gaan saamwerk op groenwaterstof-gebied
Loading player...
Die groenwaterstofprogram het ‘n memorandum van verstandhouding met die Spaanse Waterstofvereniging onderteken. Deur die samewerking hoop die twee lande om groen industrialisasie en globale ontkoling aan te dryf. Die groenwaterstofkommissaris James Mnyupe sê beide lande wil ekonomiese aktiwiteite diversifiseer.