Woord vir Vandag - 17 April 2025

Loading player...
“Hy moes deur Samaria reis.” Johannes 4:4 NLV
Jy is nie buite God se bereik nie.
Die Bybel sê: ‘Dus het [Jesus] Judea verlaat en weer na Galilea toe vertrek. Hy moes deur Samaria reis’ (verse 3-4 NLV). Samaria is nie op die pad na Galilea toe nie. Dit is inderwaarheid myle uit die pad uit. Tog sê die Bybel dat Jesus deur Samaria moes reis. Dink daaroor: Dit was ‘n lang reis en Hy was te voet. Dit was warm. As Jood sou Hy nie in Samaria verwelkom word nie, as gevolg van ‘n vyandigheid wat al lank tussen Jode en Samaritane bestaan het. Wat die vrou wat Hy by die put gaan ontmoet het betref, is vroue in daardie kultuur verbied om met mans buite hul eie familie te praat. Die mense op die dorp het ook vreeslik oor hierdie vrou geskinder, omdat sy al deur vyf egskeidings was. Hoekom het Jesus dan gevoel dat Hy soontoe moes gaan? Omdat Hy hierdie vrou as ‘n ruwe diamant gesien het. Terwyl die mense rondom haar oor haar verlede en probleme gepraat het, het Jesus haar potensiaal vir sy koninkryk raakgesien. ‘Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die woorde van die vrou…’ (vers 39 NLV). Om Galilea volgens God se skedule te bereik, moes Jesus die menslike skedule by die venster uitgooi. Sy skedule het Hom egter nie beheer nie. Wat het dan? Die wil van God en die behoeftes van mense wat seer het. Hy was gewillig om uit sy pad te gaan, tradisie op sy kop te keer en nuwe grond te breek om dit te doen. Wat van jou? Kan God jou planne onderbreek? As Hy kan, kan Hy jou gebruik. Bid die volgende: ‘Here, wys my wat ek vandag moet doen om U te behaag.’
16 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min