Woord vir Vandag - 18 April 2025

Loading player...
“As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het.” Romeine 5:1 NLV
Dubbele strafvervolging
In die regstelsel is daar iets wat as ‘die wet van dubbele strafvervolging,’ bekend staan. Dit beteken dat jy nie twee keer vir dieselfde misdaad verhoor kan word nie. Kom ons pas hierdie beginsel op jou redding toe. Jesus is reeds verhoor en het vir jou sondes gesterf – almal van hulle! Moet dus nie toelaat dat Satan, die aanklaer, jou oorreed dat God jou gaan straf en jou hel toe gaan stuur nie. Christus se laaste woorde aan die kruis: ‘…Dit is nou afgehandel!..’ (Johannes 19:30 NLV), word in die Griekse teks vertaal as ‘ten volle betaal.’ Al jou sondes – in die verlede, die hede en die toekoms – is op Golgota versoen. Dink aan die woord ‘afgehandel.’ Stel jou voor dat ‘n meester skrynwerker die laaste afwerking aan ‘n pragtige tafel doen. Sal jy ‘n stuk skuurpapier neem en sê: ‘Ek dink ek kan hierdie 'n bietjie beter laat lyk en dit ‘n bietjie meer waarde gee?’ Die skrynwerker sal sê: ‘Hou op; as jy daaraan raak, gaan jy dit verwoes!’ Hy sal reg wees. Dieselfde geld vir jou verlossing. Jy kan niks daarby voeg nie, maar deur dit deur jou prestasie en goeie werke te probeer verdien, kan jy beslis iets daarvan wegneem. Die woord ‘geregverdig’ beteken regverdig in die oë van God gemaak. Die oomblik wat jy jou vertroue in Christus as jou Verlosser plaas, is dit hoe God jou sien. ‘As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons op grond van die geloof toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind…’ (verse 1-2 NLV). Hoe kan jy geklee in genade voor God staan? Alleenlik deur geloof in Christus.
17 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min