Woord vir Vandag - 19 April 2025

Loading player...
“…Wie in My glo... sal in alle ewigheid nooit sterf nie...” Johannes 11:25
Glo jy dit?
Chuck Swindoll vertel van ‘n egpaar wat se huwelik vir vyftig jaar lank ‘n stryd was. Die man het uiteindelik gesterf en sy vrou moes vir hom ‘n grafsteen uitkies. Sy het ‘n begrafnisondernemer gekontak en vir hom gesê: ‘Ek wil nie iets oordrewe hê of baie geld spandeer nie. Graveer net die woorde: ‘AAN MY MAN’ op ’n geskikte plek op die steen. Sy het sy graf gaan besoek en tot haar afgryse hierdie woorde op sy grafsteen gelees: ‘AAN MY MAN… OP ‘N GESKIKTE PLEK.’ Swindoll skryf: ‘’n Humoristiese verhaal help om die pyn en verwarring rondom die dood te verdoof, maar op die ou einde hou die lag op omdat die dood steeds opdaag. Humor is magteloos om die die dood te keer. Onthou jy die plakker: ‘Moenie die lewe te ernstig opneem nie, jy sal dit nie lewend verlaat nie’? Die waarheid is dat ons die lewe en dood ernstig moet opneem, want ons verlaat dit lewendig. Ons almal staar lewe na die dood in die gesig, want ons almal het ewige siele. Ons almal gaan vir ewig êrens lewe. Die vraag is waarheen. Die waarheen hang van die volgende vraag van Jesus af: ‘…Wie in My glo... sal in alle ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit…?’ Slegs Jesus het die krag van opstanding. Die versekering wat ons het om vir ewig saam met Hom in die hemel te leef, hang van ons antwoord af. As ons ‘Ja’ sê deur vir Jesus te vra om ons sondes te vergewe en ons te verbind om Hom as Here te volg – dan, en slegs dan, het ons sy lewenskrag tot ons beskikking. Slegs dan kan ons die einde van ons lewe met ‘n kalm verwagting inwag.’
18 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min