Woord vir Vandag - 20 April 2025

Loading player...
“God het dit goedgedink… om deur die Seun sy goeie verhouding met alles… te herstel. Hierdie vrede is bewerk deur die… kruis...” Kolossense 1:19-20 NLV
God weet wat goed is vir ons (1)
Ons definisie van ‘goed’ verskil van God s’n. ‘God het dit goedgedink… om deur die Seun sy goeie verhouding met alles… te herstel. Hierdie vrede is bewerk deur die… kruis...’ Carolyn Arends skryf: ‘Tydens ’n jubelende Paasdiens het ons pastoor iets gesê wat my in my geestelike spore gestuit het: ‘Die wêreld bied beloftes vol leegheid. Paasfees bied egter leegheid vol belofte.’ ‘n Leë kruis, leë graf, leë grafklere - is alles vol belofte. As ek die paasverhaal sou skryf, dink ek nie ek sou leegheid as my simboliese gebaar gekies het nie. Ek sou egter ook nie van krag wat in swakheid sterk gemaak word (2 Korintiërs 12:9), dommigheid wat slim mense skaam maak (1 Korintiërs 1:27), sagte mense wat die aarde sal erf (Matteus 5:5) of mense wat God nodig het en deel aan sy koninkryk kry (Matteus 5:3), geskryf het nie. Ek sou definitief ook nie van sterf om sodoende te kan lewe (Johannes 12:24), geskryf het nie. Ek verstaan nie die manier wat God dink nie. Op daardie dae wat ek egter leeg en gebroke voel, maak dit my bly om te onthou dat selfs die dood vol belofte is. Ek skryf hierdie gedurende ‘n besonder lang Goeie Vrydag-seisoen in my eie lewe. My ma is met kanker gediagnoseer en ek sal lieg as ek sê dat ek in staat is om deur hierdie beproewing bly te wees (sien Jakobus 1:2). Ek bid desperaat vir genesing. Ons ly egter nie alleen nie, want die God van die heelal het vir ons sondes gesterf en die dood se angel vir ewig verwyder. Selfs wanneer ek hartseer is, kyk ek na my ma en onthou: Sonder Goeie Vrydag sou daar geen Paasoggend wees nie. Dus bid ek deur die nag en wag vir die opstanding.’
19 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min