Kommer oor veiligheid van Bloemhofdam - Agri Noordwes

Loading player...
’n Besluit deur die Departement van Water en Sanitasie om die uitvloei van die Bloemhofdam binne 48 uur met 50% te verhoog, het tot grootskaalse oorstromings en strukturele risiko’s gelei met 18 500 hektaar grond wat onder water is. Die wateruitvloei is op 9 April verhoog na 3 000 m³ per sekonde, terwyl die Vaaldam in dieselfde tyd net 807 m³ per sekonde vrygestel het. Dié besluit is geneem nadat die Bloemhofdam reeds 112% van sy kapasiteit bereik het — terwyl die Vaaldam reeds op 114% gestaan het. Agri Noordwes glo hierdie situasie kon vermy gewees het. OFM Indhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met hoof-uitvoerende beampte, Naudé Pienaar...
17 Apr 12AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Waterbuffelmelk by Babylonstoren in Kaapse Wynlande is uniek

Waterbuffelmelk en 'n boerdery met waterbuffels is wat jy by Babylonstoren in die Kaapse Wynlande gaan kry. Die unieke boerdery word bedryf deur Kobus Lambrechts van die plaas Rietvlei. Isabel van Tonder gesels met Kobus om meer van die unieke boerdery uit te vind.
28 Sep 11PM 5 min