Wiele2Wiele ry nuwe VW Golf

Loading player...
In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die splinternuwe VW Golf 8.5. Hulle glimlag breed oor die Mini Cooper S en raak stylvol in Franschhoek saam met Lexus en JAN. Vir die wenk van die week gesels hulle oor sagteware wat jou enjin se komponente beskerm en hulle sit die kollig op die Márquez-era in MotoGP-renne.
17 Apr Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry met VW se Golf 1.4 TSI

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor Nissan se nuwe Stealth-bakkie en hulle bring kwaliteittyd met VW se Golf 1.4 TSI deur - ’n ware juweel van ’n motor. Daar is raad oor wetlike beskerming wanneer jy ’n motor aankoop, ’n tegniese wenk oor motordiefstal…
24 Jul 25 min

Wiele2Wiele ry Suzuki Dzire

Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele met Suzuki se Dzire-sedan rond. Stellantis het groot planne vir Suid-Afrika, onder andere met sy Opel Grandland. Daar is raad oor hoe om jou motortransaksie ongekompliseerd te hou, ’n tegniese wenk oor waarborgkostes en hulle gesels met KJ Mononyane, wat aan die 2025 Red Bull…
17 Jul 26 min

Wiele2Wiele ry vuurwarm Audi

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met Audi se vuurwarm SQ7 V8-sportnuts. Carl leer dans met ’n Nissan 350Z en hulle speel bietjie met ’n Suzuki Swift. Daar is ook raad oor wanneer jy ’n motor aanlyn koop en Martin Camp deel sy Dakar-planne.
10 Jul 24 min

Wiele2Wiele ry met opgekikkerde Kia Sorento

Hierdie week vir Wiele2Wiele ry ons met die nuwe opgekikkerde Kia Sorento sewesitplek-sportnuts en bring tyd met die Audi Q3 35 TDI deur. Ons gee raad oor slaggate vir wanneer jy jou droom tweedehandsevoertuig koop en AJ Venter vertel jou alles van sy deelname aan 2025 Isle of Man TT.
4 Jul 25 min

Wiele2Wiele ry P300-bakkie

Hierdie week beleef Wiele2Wiele hoe die Ford Wildlife Foundation ’n verskil maak deur die Cape Leopard Trust en hulle spandeer tyd met die GWM P300-bakkie. Daar is ’n tegniese wenk oor wat gebeur wanneer jy daardie Eco-, Comfort- en Sport-knoppies druk, asook die jongste nuus uit die motorfietsbedryf.
26 Jun 25 min