
Haweloses in stadions gaan hervestig word
Loading player...
Die nuwe Khomas-goewerneur, Sam Shafiishuna Nujoma, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die haweloses wat in Maart 2020 by die stadions in Khomasdal en Katutura gevestig is. Sedertdien het getalle toegeneem en meer en meer mense het daar ingetrek, insluitend lede van die verre noordweste se Himba-stamme. Na Nujoma en die adjunk-lynminister Dino Ballotti die stadions besoek het, sal die mense hervestig word. Nujoma verduidelik.