
Amerika sal wegstap van vredesonderhandelinge, dreig Trump
Loading player...
Die Verenigde State sal wegstap van pogings om 'n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne te bemiddel, tensy daar binnekort duidelike tekens van vordering is, het die Amerikaanse president Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Marco Rubio, Vrydag gesê. Trump het by navraag geweier om ’n spesifieke sperdatum vas te stel vir hoe lank hy bereid was om te wag.