SA veroordeel Israel se vernietiging van hospitale

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse regering het die aanvalle op burgerlike teikens in Gaza veroordeel. In die jongste voorval het Israel ʼn missielaanval uitgevoer op die al-Ahli Arab-hospitaal in Gaza Stad. Die hospitaal se intensiewesorg- en operasie-departement is in die aanval vernietig. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê Israel het sedert die begin van die oorlog in Oktober 2023 minstens 35 hospitale in Gaza gebombardeer, afgebrand en verwoes. Hy sê dis ʼn oortreding van die internasionale humanitêre reg.
17 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Duisende pelgrims ruk op na Moira

Die burgemeester van Polokwane, John Mpe, sê veiligheidsmaatreëls is verskerp om die skare by die pelgrimstog op Moria te verseker. Duisende lede van die Zion Christian Church het op Moria toegesak vir die eerste volledige pelgrimstog sedert die Covid-19-pandemie. Beperkings is weens die pandemie op massa-geleenthede geplaas en die jaarlikse…
19 Apr 2AM 1 min

Henties gaan rob- en neutolie maak

Adjunkpremier Natangwe Ithete het die konstruksie van die Vigor Bio-tegnologieproduksiefasiliteit van stapel gestuur, wat hoëwaarde rob- en neutolie ryk aan Omega-3 by Hentiesbaai sal produseer. Dié fasiliteit sal geskoolde en halfgeskoolde werksgeleenthede verskaf, plaaslike SME's ondersteun en nou saamwerk met beroepsinstellings om jeugdiges en vroue in biotegnologie en mariene verwerking…
19 Apr 1AM 1 min

Amerika sal wegstap van vredesonderhandelinge, dreig Trump

Die Verenigde State sal wegstap van pogings om 'n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne te bemiddel, tensy daar binnekort duidelike tekens van vordering is, het die Amerikaanse president Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Marco Rubio, Vrydag gesê. Trump het by navraag geweier om ’n spesifieke sperdatum vas…
19 Apr 12AM 1 min

Los eers rooilyn, kyk na Angola-grens: Venaani

In sy eerste parlementêre toespraak het landbouminister Mac Hengari aangekondig dat die kabinet 'n strategie het om die rooilyn te verwyder en die voorvaderlike grondkwessie op te los. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met PDM-president McHenry Venaani, wat sê die grens met Angola moet eers beveilig word voordat die regering…
18 Apr 6AM 1 min

Kleinhandelaars van klere, skoene dryf SA groei in Februarie

Kleinhandelverkope in Februarie het volgens Statistieke Suid-Afrika met 3,9-persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die sterkste groei is getoon by kleinhandelaars van tekstiele, klere, skoene en leerware teen 15,7-persent, sowel as algemene handelaars, wat met 3,4-persent gestyg het. Raquel Floris van Statistieke SA sê egter op 'n maand-tot-maand-grondslag…
18 Apr 6AM 1 min