Onderbefondsing van SA weermag 'skep grensgevaar'

Loading player...
Die voorsitter van die Gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging, Malusi Gigaba, waarsku die volgehoue onderbefondsing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag stel die grensveiligheid van die land in gevaar. Gigaba het in gesprek met SABC News gesê internasionale geloofwaardigheid en ekonomiese groei is nou in die gedrang omdat verdedigingsbesteding afgeneem het van meer as twee-persent van die BBP in 1996 tot op die huidige 0,7-persent. Hy beklemtoon dit beperk die SANW se vermoë om sy verpligtinge na te kom:
17 Apr 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA hof stop uitsettings van studente

Die Hooggeregshof in Mthatha het die uitsettings van studentekoshuise by die Walter Sisulu Universiteit gestaak. Dit volg nadat die kampusbestuur die studente opdrag gegee het om teen 16:00 Vrydagmiddag die perseel te ontruim. Die uitsettingsbevel volg in die nasleep van gewelddadige studentebetogings wat Dinsdagoggend uitgebreek het en tot die dood…
19 Apr 3AM 1 min

Duisende pelgrims ruk op na Moira

Die burgemeester van Polokwane, John Mpe, sê veiligheidsmaatreëls is verskerp om die skare by die pelgrimstog op Moria te verseker. Duisende lede van die Zion Christian Church het op Moria toegesak vir die eerste volledige pelgrimstog sedert die Covid-19-pandemie. Beperkings is weens die pandemie op massa-geleenthede geplaas en die jaarlikse…
19 Apr 2AM 1 min

Henties gaan rob- en neutolie maak

Adjunkpremier Natangwe Ithete het die konstruksie van die Vigor Bio-tegnologieproduksiefasiliteit van stapel gestuur, wat hoëwaarde rob- en neutolie ryk aan Omega-3 by Hentiesbaai sal produseer. Dié fasiliteit sal geskoolde en halfgeskoolde werksgeleenthede verskaf, plaaslike SME's ondersteun en nou saamwerk met beroepsinstellings om jeugdiges en vroue in biotegnologie en mariene verwerking…
19 Apr 1AM 1 min

Amerika sal wegstap van vredesonderhandelinge, dreig Trump

Die Verenigde State sal wegstap van pogings om 'n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne te bemiddel, tensy daar binnekort duidelike tekens van vordering is, het die Amerikaanse president Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Marco Rubio, Vrydag gesê. Trump het by navraag geweier om ’n spesifieke sperdatum vas…
19 Apr 12AM 1 min

Los eers rooilyn, kyk na Angola-grens: Venaani

In sy eerste parlementêre toespraak het landbouminister Mac Hengari aangekondig dat die kabinet 'n strategie het om die rooilyn te verwyder en die voorvaderlike grondkwessie op te los. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met PDM-president McHenry Venaani, wat sê die grens met Angola moet eers beveilig word voordat die regering…
18 Apr 6AM 1 min