
Daggadag met betoging in Windhoek gevier
Loading player...
Internasionale 4/20-dag word elke jaar deur marijuana-voorstanders gevier en word dikwels gebruik vir voorspraak vir die plant se wettiging. Die Ganja Users of Namibia-groep hou vandag 'n protesaksie vir die vrylating van veroordeelde daggagebruikers. Die proses sal by die oop ruimte by TransNamib begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Borro Ndungula, 'n lid van die groep, wat meer inligting gee.