Woord vir Vandag - 23 April 2025
Loading player...
“Want U seën die vromes, Here, u genade is vir hulle soos ‘n skild.” Psalm 5:13 NLV
Verwag vandag God se guns
Die Bybel sê dat God ons sal seën en genade aan ons sal bewys. As jy op die voltooide werk van Christus vertrou, sien God jou as ‘regverdig’ (sien Romeine 3:22). Jy kwalifiseer dus en kan dus bid: ‘Here, ek het u guns vir hierdie werksonderhoud nodig,’ of ‘om hierdie huis te verkoop,’ of ‘om hierdie transaksie aan te gaan,’ of ‘om op hierdie afspraak te gaan,’ ensovoorts. Wees egter voorbereid vir jou ou programmering om in te skop, waar jy oor die woord ‘regverdig’ begin dink; waar jy begin wonder of jou gedagtes, woorde en dade goed genoeg is om God se guns te verdien. Hier is ‘n waarheid wat jy in gedagte moet hou: Die enigste geregtigheid waarop God reageer, is die geregtigheid van Christus. Aangesien Hy jou ‘in Christus’ geplaas het, is jy altyd bevoeg om God vir sy guns te vra en te glo dat Hy dit sal gee. Jy is uit genade gered. Die woord genade beteken ‘onverdiende guns.’ Die wêreld se konsep van guns is misleidend: ‘Sy skuld my ‘n guns,’ of ‘Ek skuld jou geen gunste nie!’ Met ander woorde, die wêreld se konsep van guns word geheel en al op prestasie gebaseer. Die enigste prestasie waarna God egter kyk wanneer dit by die toekenning van sy guns aan jou kom, is Christus se optrede namens jou en die feit dat jy volkome op Hom vertrou. Sy lewe en sterfte aan die kruis bedek al jou sondes. ‘Inderdaad, God het Abraham regverdig verklaar omdat hy in Hom geglo het!.. Dit wil ook vir óns verseker dat ons net so vrygespreek sal word as ons in Hom glo wat Jesus ons Here uit die dood opgewek het’ (Romeine 4:22,24 NLV). Verwag dus vandag God se guns.