
DA vra Transnet om privaatsektor te betrek
Loading player...
Die DA in die Wes-Kaap versoek Transnet om sy bedrywighede oop te stel vir kundigheid en sinvolle beleggings uit die privaatsektor. Die party verwelkom die samewerking tussen die sektor en die Wes-Kaap se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme oor die befondsing en installering van twee kragopwekkers by die Kaapstadse hawe. Noko Masipa van die DA sê Transnet en die hawe moet optree om toe te sien dat vennootskappe wat die privaatsektor steun, omgeskakel word in meetbare verbeterings in doeltreffendheid.