
Pretloop by Sanlam Kusmarathon help Kankervereniging
Loading player...
Die Sanlam Kusmarathon vind Saterdag in Swakopmund plaas, onder die tema "Druk deur die grense van deursettingsvermoë”. Deelnemers aan die 5km pretloop kan die Namibië Kankervereniging ondersteun deur te registreer vir slegs 20 Namibiese dollar per persoon. Kaartjies is by die Kankervereniging se Erongo-sentrum beskikbaar en registrasie bly oop tot die resies begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof, wat meer besonderhede verskaf.