
Bitcoin steek Alphabet verby in markkapitalisasie
Loading player...
Bitcoin, wat nou teen 92 339 Amerikaanse dollar verhandel, het Alphabet, of te wel Google verbygesteek om wêreldwyd die sesde plek te beklee in terme van markkapitalisasie. Volgens bate-ranglysstatistieke het die markkapitalisasie van Bitcoin op 23 April tot 1,87 triljoen dollar gestyg, wat Alphabet se 1,85 triljoen dollar se waardasie oortref het. Net Apple, Microsoft, Nvidia en goud is nou voor Bitcoin. Kosmos 94.1 Nuus het met Nikolai Tjongarero van OKIN Trading Enterprises gepraat.