Woord vir Vandag - 27 April 2025

Loading player...
“…Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.” 1 Kronieke 4:9 NLV
Weier om die etiket te dra
Die naam Jabes beteken ‘ongemak of pyn.’ Miskien is dit hoekom geen ander ouer in die Skrif hul kind so genoem het nie. Dis egter ‘n etiket wat Jabes geweier het om te dra en ‘n naam wat hy geweier het om hom te definieer. ‘n Etiket vertel jou gewoonlik wat in ‘n bottel is; die inhoud en selfs die waarde daarvan. Wanneer jy die etikette wat mense op jou probeer plaas aanvaar, begin jy glo dat dit is wie jy is en dat jy nooit meer as dit sal word nie. Die Bybel sê: ‘Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…’ (Spreuke 23:7 AFR53). Mense sal ervarings uit die verlede gebruik om jou te etiketteer en jou te beperk. Hulle sal ook jou fisiese, geestelike en emosionele karaktereienskappe gebruik om jou te etiketteer en jou te beperk. Wat staan jou dus te doen? Doen wat Jabes gedoen het – gaan na God toe! Op die ou einde is dit God se opinie oor jou verlede, hede en toekoms wat die meeste saak maak. Hy is lief vir jou en het ‘n plan vir jou lewe. Jabes het ‘n gebed gebid wat sy lewe verander het en dit sal ook jou lewe verander. ‘…’Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!’ En God het sy versoek gehoor en dit gedoen’ (1 Kronieke 4:10 NLV). Jabes het God vir vier dinge gevra: seën, invloed, krag en beskerming. God het dit vir hom gegee. Vandag het jy dus ‘n keuse: glo wat ander mense oor jou sê, of glo wat God oor jou sê. As jy so daarna kyk, is die keuse duidelik.
24 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 15 April 2026

“I will meditate on Your precepts, and contemplate Your ways.” Psalm 119:15 NKJV Meditate and assimilate Meditation is the most effective way to assimilate God’s Word. David describes the “blessed” man this way: “His delight is in the law of the Lord, and in His law he meditates day and…
22 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 15 April 2026

“Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.” Psalm 119:15 NLV Mediteer en memoriseer Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm…
22 Mar 2 min

Word for Today - 14 April 2026

“The eyes of the Lord run to and fro throughout the whole earth, to show Himself strong.” 2 Chronicles 16:9 NKJV Responsibility and the “ability to respond” God never gives a person responsibility without giving the ability to respond. So, you can look in the mirror today and say with…
22 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 14 April 2026

“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag…
22 Mar 2 min

Word for Today - 13 April 2026

“I have set the Lord always before me; because He is at my right hand I shall not be moved.” Psalm 16:8 NKJV “I have set the Lord always before me” Say these words aloud several times and let them roll around in your mind: “I have set the Lord…
22 Mar 1 min