
Olie en gas... plaaslike inhou weer beklemtoon
Loading player...
Tydens die Internasionale Energiekonferensie het adjunk-eerste minister en minister van myne en energie, Natangwe Ithete, die belangrikheid daarvan beklemtoon om Namibië se natuurlike hulpbronne verantwoordelik te bestuur om te verseker dat alle Namibiërs gelyke voordeel trek. Hy beklemtoon dat die land 'n spilpunt vir innovasie, verwerking en vervaardiging moet word deur plaaslike inhoud te prioritiseer en deelname oor die hele energiewaardeketting te verbreed.