
DA sê BTW-saak is ‘n sege vir alle Suid-Afrikaners
Loading player...
Die voorsitter van die DA se Federale Raad, Helen Zille, sê die Wes-Kaapse Hooggeregshof-uitspraak dat 'n BTW-verhoging amptelik opgeskort moet word, is 'n sege vir alle Suid-Afrikaners. Sy sê die besluit verseker dat veranderinge aan die BTW-koers behoorlik deur die parlement goedgekeur moet word voordat dit in werking tree. Die DA-woordvoerder, Willie Aucamp, sê die party verwelkom die uitspraak en sal sy stryd voortsit vir, en met alle Suid-Afrikaners vir 'n ekonomie wat groei en werk skep: