
ActionSA dreig met hof oor Phala Phala-verslag
Loading player...
ActionSA sê hy sal hof toe gaan, indien nodig, om die vrystelling van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat se verslag oor die diefstal by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo af te dwing. Die party het ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien nadat die polisieminister, Senzo Mchunu, die verslag as hoogs-geheim bestempel het. Michael Beaumont van ActionSA sê die regering van nasionale eenheid misluk daarin om president Ramaphosa tot verantwoording te roep: