
Beduidende afname in SA Paasnaweek-padsterftes
Loading player...
Minister van Vervoer, Barbara Creecy sê Suid-Afrika het die laagste aantal padsterftes in drie jaar gedurende die Paasnaweek aangeteken. Botsings het met 32,5-persent verminder en sterftes het met 45,6-persent gedaal in vergelyking met 2024. Creecy skryf die sukses toe aan vroeë beplanning, sigbare verkeerspatrollering, en vennootskappe tussen die gemeenskap en die regering. Meer as 177 000 voertuie is nagegaan en 941 bestuurders is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Sy het bevestig dat, behalwe in Mpumalanga en die Oos-Kaap. het ongelukke in die provinsies afgeneem: