Masemola bevestig oorskot is drie konstabels

Loading player...
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat drie van die vyf liggame wat uit die Hennopsrivier in Centurion, Pretoria, gehaal is, dié van die konstabels is wat verlede Woensdag vermis geraak het. Konstabels Linda Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het verdwyn terwyl hulle van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied in Limpopo gereis het. Masemola sê die vierde liggaam is dié van 'n administrateur by die Lyttleton-polisiestasie. Die vyfde liggaam is ontbind, en die identiteit kon nog nie bevestig word nie:
30 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamWater raadop met kabeldiewe

Hentiesbaai het weer deurgeloop onder 'n wateronderbreking as gevolg van die vandalisme van 13 Erongo RED-kragpale en diefstal van koperkabels op 16 Junie, wat die krag na die Omdel-boorgate afgesny het. Uis is ook geraak deur 'n aparte kabeldiefstal, met sy reservoir op 40 persent en watertenkwaens wat ontplooi is…
21 Jun 6AM 1 min

F1: Kyalami kry groenlig

Suid-Afrika se Formule Een-bodkomitee sal binnekort sy voorkeur-promotor vir die voorgestelde Grand Prix aan die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, voorlê. Die internasionale beheerliggaam, die F-I-A, het Kyalami in Johannesburg goedgekeur as 'n Graad Een-renbaan, die hoogste standaard vir Formule Een. Woorvoerder Mlimandlela Ndamase sê die opgraderings…
21 Jun 5AM 1 min

SARB se Kganyago kansellier van US

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago is amptelik as die 16de kansellier van Universiteit Stellenbosch ingehuldig. Die seremonie het gister in die Endler-saal op die universiteitskampus plaasgevind en is bygewoon deur hooggeplaastes, personeel en studente. Kanyago het tydens die seremonie gesê dit is 'n eer om die rol…
21 Jun 4AM 1 min

Bek-en-klouseer nou by drie Karan-voerkrale

Die Namibiese Lewendehaweraad het plaaslike boere gemaan om bedag te wees op die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Karan Beef, wat maandeliks duisende speenkalwers uit Namibië invoer, het Vrydag bevestig dat hulle nou uitbrekings by drie van hul voerkrale het – by Heidelberg en Nigel in Gauteng, asook by Albert…
21 Jun 3AM 1 min

Rooivleis veilig om te eet, sê SA landbouminister

Die minister van landbou, John Steenhuisen, het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis in die land veilig is nadat bek-en-klouseer nou ook na die Noordwes-provinsie versprei het. 'n Tweede bestelling entstowwe is sedertdien by die Botswana-entstofinstituut aangekoop, nadat die eerste besending vroeër die week aangekom het. Steenhuisen het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis…
21 Jun 3AM 1 min