
Withuis vaar uit teen Amazon wat koste van tariewe wil plaas
Loading player...
Die Withuis het Amazon se plan om die koste van president Donald Trump se tariewe op produkte te plaas wat die e-handelsreus verkoop, gekritiseer. Trump het ʼn tarief van 145-persent gehef op ingevoerde produkte uit China, waar baie produkte op Amazon.com vandaan kom. Amazon ontken betrokkenheid by die berig en sê die idee is oorweeg, maar afgekeur. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê dis ʼn vyandige en politieke aksie van Amazon: