Woord vir Vandag - 1 Mei 2025
Loading player...
“Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80…” Psalm 90:10 NLV
Hoe lank gaan jy lewe?
Het jy al ooit gewonder hoe lank jy gaan lewe? Die Bybel sê: ‘Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80. Maar selfs die beste daarvan is vol swaarkry en verdriet. Die lewe is gou verby, en ons bestaan nie meer nie’ (vers 10 NLV). Hier is egter drie dinge waarvan jy seker kan wees: 1) Jy kan jou lewe verleng deur aan God gehoorsaam te wees, of dit verkort deur aan Hom ongehoorsaam te wees. Terwyl hy siek was en dood in die gesig gestaar het, het Hiskia gebid: ‘O Here, onthou tog hoe ek altyd probeer het om aan U getrou te bly en om dit te doen wat vir U reg is…’ (2 Konings 20:3 NLV). God het geantwoord: ‘…Ek het jou gebed gehoor en jou trane gesien. Ek sal jou gesond maak… Ek sal nog vyftien jaar by jou lewe voeg…’ (2 Konings 20:5-6 NLV). Maak God nog steeds deesdae mense gesond? Ja, sy Woord sê: ‘Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom… En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word…’ (Jakobus 5:14-15 NLV). 2) Wanneer hulle werk op aarde voltooi is, gaan die verlostes hemel toe. Paulus beskryf die hemel in drie woorde: ‘…verreweg die beste.’ Die argitek, bouer en ontwerper van jou hemelse huis is Jesus, die Een wat gesê het: ‘…Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak’ (Johannes 14:2 NLV). Tuis by Jesus – probeer jou indink hoe wonderlik dit gaan wees. 3) As jy oor die dood bekommerd is, eis God se belofte op: ‘Ek sal hom ‘n lang lewe gee, en hy sal my verlossing sien’ (Psalm 91:16 NLV).