Woord vir Vandag - 2 Mei 2025

Loading player...
“…hulle [het] my verdruk, maar hulle kon nie die oorhand oor my kry nie.” Psalm 129:2 NLV
Moenie breek nie, bons terug (1)
Wanneer veerkragtige mense die bodem tref, breek hulle nie, hulle bons terug. Die apostel Paulus was so ‘n persoon: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (2 Korintiërs 4:8-9 NLV). Hoe kan mens dus terugbons sonder om te breek? Deur twee dinge te doen: 1) Wanneer jy nie jou omstandighede kan beheer nie, neem beheer van jou lewe. Toe ‘n rugbesering vir Angela Madsen van die middel af ondertoe verlam het, het sy belowe om alles wat nodig is om weer voluit te lewe, te doen. Gevolglik het sy begin oefen om die eerste vrou met ‘n gestremdheid te wees wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het. Die joernalis Denise Foley skryf: ‘Madsen is wat navorsers ‘veerkragtig’ noem – in staat om terug te bons van enige moeilikheid wat die lewe meebring.’ Sy is een van daardie mense wat ons laat wonder hoe ons sou vaar as ons eie veerkragtigheid getoets sou word. Sou ons terugbons? 2) In plaas daarvan om oor die verkeerde mense in jou lewe te kla, begin vir die regte mense uitkyk. Ned Hallowell het met ‘n bipolêre pa, ‘n stiefpa wat hom mishandel het, ‘n alkoholverslaafde ma en met twee leergestremdhede grootgeword – ‘n geskiedenis wat dikwels ‘n voorloper vir die tronk of ‘n psigiatriese instelling is. Hy het egter voortgegaan om ‘n prominente psigiater, ‘n gelukkig getroude pa en ‘n suksesvolle skrywer te word. Dit het grootliks gebeur omdat hy hom by sy kosskool aan onderwysers wat vir hom omgegee het en hom onder hul vlerk geneem het, geskaar het. Dus, wanneer tye moeilik is, steun op God, neem beheer oor jou lewe en soek die regte mense.
1 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min