Derde SAL-vlug vanaf Johannesburg verwelkom

Loading player...
Toerisme sal ‘n hupstoot kry met ‘n derde daaglikse SAL-vlug tussen Johannesburg en Windhoek wat vandag begin. Die redery sê dit is in reaksie op die groeiende vraag na lugverbindings tussen die twee stede. Vlug SA076, sal om drie-uur vanmiddag vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek en sal terugkeer om kwart voor ses. Die bykomende frekwensie is verwelkom deur Air Connect Namibia. Woordvoerder Dan Kamati het meer.
1 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bek-en-klouseer nou by drie Karan-voerkrale

Die Namibiese Lewendehaweraad het plaaslike boere gemaan om bedag te wees op die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Karan Beef, wat maandeliks duisende speenkalwers uit Namibië invoer, het Vrydag bevestig dat hulle nou uitbrekings by drie van hul voerkrale het – by Heidelberg en Nigel in Gauteng, asook by Albert…
21 Jun 3AM 1 min

Rooivleis veilig om te eet, sê SA landbouminister

Die minister van landbou, John Steenhuisen, het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis in die land veilig is nadat bek-en-klouseer nou ook na die Noordwes-provinsie versprei het. 'n Tweede bestelling entstowwe is sedertdien by die Botswana-entstofinstituut aangekoop, nadat die eerste besending vroeër die week aangekom het. Steenhuisen het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis…
21 Jun 3AM 1 min

Bande met Ramaphosa toenemend belangrik, sê NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Vrydagaand na Namibië teruggekeer ná ‘n hoflikheidsbesoek aan haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa in Pretoria. Nandi-Ndaitwah het reeds soortgelyke besoeke aan ander buurlande gebring sedert sy as staatshoof ingehuldig is. Kort ná haar aankoms in Windhoek het sy die belangrikheid van goeie betrekkinge met Suid-Afrika beklemtoon.
21 Jun 2AM 1 min

Ramaphosa: SA, Namibië deel dieselfde visie

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Namibië deel 'n gemeenskaplike visie oor kwessies rondom die politieke en ekonomiese integrasie van die Afrika-vasteland. Ramaphosa het die Namibiese president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n hoflikheidsbesoek by sy ampswoning in Pretoria, Mahlamba Ndlopfu, ontvang. Hy sê beide lande streef na Afrika se hernuwing, suidelike…
21 Jun 2AM 1 min

Rugby: Welwitschias pak Pumas vandag in Windhoek

Die Welwitschias kom vanmiddag teen Suid-Afrika se Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion te staan. Die Pumas is 'n gedugte span en die manne sal moet uithaal en wys. Die wedstryd skop om drie-uur af. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jacques Burger, die nuwe Welwitschias afrigter, direkteur van die…
21 Jun 12AM 1 min