
Ramaphosa: SA, Namibië deel dieselfde visie
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Namibië deel 'n gemeenskaplike visie oor kwessies rondom die politieke en ekonomiese integrasie van die Afrika-vasteland. Ramaphosa het die Namibiese president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n hoflikheidsbesoek by sy ampswoning in Pretoria, Mahlamba Ndlopfu, ontvang. Hy sê beide lande streef na Afrika se hernuwing, suidelike samewerking en die bevordering van 'n billike internasionale regeringstelsel gegrond op reëls: