
Bipa begin met deregistrasie van nie-nakomende maatskappye
Loading player...
Bipa het begin met die ingefaseerde deregistrasie van maatskappye wat nie voordelige eienaarskap verklaar het nie. Die sperdatum is 16 Mei. Die verklarings is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat verbeur word. Ockert Jansen, Bipa-woordvoerder.