Die Namibiese Lewendehaweraad het plaaslike boere gemaan om bedag te wees op die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Karan Beef, wat maandeliks duisende speenkalwers uit Namibië invoer, het Vrydag bevestig dat hulle nou uitbrekings by drie van hul voerkrale het – by Heidelberg en Nigel in Gauteng, asook by Albert…
Die minister van landbou, John Steenhuisen, het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis in die land veilig is nadat bek-en-klouseer nou ook na die Noordwes-provinsie versprei het. 'n Tweede bestelling entstowwe is sedertdien by die Botswana-entstofinstituut aangekoop, nadat die eerste besending vroeër die week aangekom het. Steenhuisen het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Vrydagaand na Namibië teruggekeer ná ‘n hoflikheidsbesoek aan haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa in Pretoria. Nandi-Ndaitwah het reeds soortgelyke besoeke aan ander buurlande gebring sedert sy as staatshoof ingehuldig is. Kort ná haar aankoms in Windhoek het sy die belangrikheid van goeie betrekkinge met Suid-Afrika beklemtoon.
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Namibië deel 'n gemeenskaplike visie oor kwessies rondom die politieke en ekonomiese integrasie van die Afrika-vasteland. Ramaphosa het die Namibiese president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n hoflikheidsbesoek by sy ampswoning in Pretoria, Mahlamba Ndlopfu, ontvang. Hy sê beide lande streef na Afrika se hernuwing, suidelike…
Die Welwitschias kom vanmiddag teen Suid-Afrika se Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion te staan. Die Pumas is 'n gedugte span en die manne sal moet uithaal en wys. Die wedstryd skop om drie-uur af. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jacques Burger, die nuwe Welwitschias afrigter, direkteur van die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.