
Joslin Smith-aangeklaagdes skuldig bevind
Loading player...
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Saldanhabaai het Kelly Smith, haar kêrel Jacquen Appollis, en vriend Steveno van Rhyn skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel in die saak oor die verdwyning van Joslin Smith. Joslin het op 19 Februarie verlede jaar uit haar huis in Middelpos verdwyn. Regter Nathan Erasmus het beslis die staat het sy saak bo redelike twyfel bewys. Erasmus moet nog 'n datum vir vonnisoplegging aankondig: