Die direktoraat veeartsenydienste het 'n uitbreking van Afrika-perdesiekte aangekondig na 25 gevalle in die Otjinene, Windhoek, Okahandja, Omaruru, Gobabis en Mariental staatsveeartsenykundige distrikte bevestig is. Perde en donkies in die distrikte mag nie beweeg word sonder 'n permit nie, wat slegs uitgereik sal word indien die diere ingeënt is. Kosmos…
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle is bekommerd oor die aankondiging dat nagenoeg 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand deur gewetenlose regspraktisyns uit Suid-Afrikaanse trusts gesteel is. Claude Naiker van die vereniging sê die skokkende syfer beklemtoon groot uitdagings in die stelsel van die bestuur van trustrekeninge en omvattende hervormings is dringend…
Die DA sê hy het 'n Wysigingswet op die Beskerming van Diensdiere in die parlement ingedien om die regte van mense met gestremdhede te beskerm om met hul dienshonde in openbare en private ruimtes toegelaat te word. Wendy Alexander van die DA sê die wet sal verhoed dat gestremdes met…
Motorsport: Lando Norris van McLaren hou vol hy is nie bekommerd dat sy spanmaat, Oscar Piastri, die voortou geneem het as nuwe leier in die bestuurderskampioenskap nie. Die Brit het die seisoen se eerste wedren in Australië gewen, terwyl Piastri daarna drie oorwinnings behaal het. Aan die vooraand van hierdie…
Die kabinet het in sy jongste besluitnemingsvergadering die kinderwelsyn- en gesondheid-ministeries, saam met ander belanghebbendes, opdrag gegee om 'n voedingsreaksiestrategie te ontwikkel om ernstige akute wanvoeding te bestry. Die gesondheidministerie is ook beveel om dringend immuniserings- en wanvoedingvoorkomingsdienste in die Kunene-streek te verbeter. Inligtingminister Emma Theofelus het meer.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.