
So moet Afrika-perdesiekte behandel word
Loading player...
Die direktoraat veeartsenydienste het 'n uitbreking van Afrika-perdesiekte aangekondig na 25 gevalle in die Otjinene, Windhoek, Okahandja, Omaruru, Gobabis en Mariental staatsveeartsenykundige distrikte bevestig is. Perde en donkies in die distrikte mag nie beweeg word sonder 'n permit nie, wat slegs uitgereik sal word indien die diere ingeënt is. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts dr. Theuns Laubscher gepraat wat kundigheid deel oor die behandeling wat perde moet ontvang.