
SME's Compete sê DBN staan nie werklik kleinsake by nie
Loading player...
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het tussen 2020 en 2024 bykans 750 miljoen Namibiese dollar aan klein- en mediumgrootte besighede uitbetaal, maar leninggoedkeurings het met 66 persent gedaal. Dit laat kommer ontstaan oor klein ondernemings se toegang tot finansies. Die bank sukkel al lank met lenings wat nie terugbetaal word nie, maar het in 2024 weer 'n wins aangeteken, van 62 miljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SMEs Compete.