
Nie alle Namibiërs vry, sê Nahas
Loading player...
Cassingadag word jaarliks op 4 Mei herdenk. Dit is die datum waarop meer as 600 mense, insluitend vroue en kinders, deur Suid-Afrikaanse magte vermoor is by 'n Namibiese vlugteling-transito-nedersetting in Cassinga, in die suide van Angola. Vanjaar herdenk Namibië 47 jaar sedert die slagting in 1978, onder nuwe president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Swapo-strydros Nahas Angula, wat sê die land se vryheid word nie deur al sy burgers geniet nie.