Piastri wen in Miami

Loading player...
Oscar Piastri van McLaren het van die vierde wegspringplek daarin geslaag om die Miami Grand Prix te wen, sy derde agtereenvolgende oorwinning. Die Australiër se spanmaat, Lando Norris, het van 'n sesde plek herstel na 'n voorval met Max Verstappen van Red Bull in die eerste ronde, om tweede te eindig. George Russell van Mercedes was derde. Verstappen het vierde oor die wenstreep gejaag, voor Alex Albon van die Williams-span. Piastri, wat sy bestuurderskampioenskap-voorsprong teen Norris met 16 punte vergroot het, sê hy kan steedse verbeter:
5 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eindgebruikers moet sorg dat sekuriteitswagte reg behandel word

Die werksomstandighede waarin sekuriteitswagte verkeer is tans in die nuus in die land. Dit kom na Celeste Muhunduru, nasionale administrateur vir die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Veiligheidsarbeidsforum die kwessies in die media opgehaal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Mhunduru gesels.
20 Jun 11AM 1 min

Cosatu looi BLSA-hoof oor kritiek op Transnet-salarisooreenkoms

Cosatu sê hy verwerp met uiterste veragting die aanval van die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busisiwe Mavuso, op Transnet se werknemers. Mavuso het Transnet se besluit gekritiseer om 'n verhoging van ses-persent aan werkers toe te staan vir die volgende drie jaar en sê die ooreenkoms neem…
20 Jun 11AM 1 min

Wees meer bedagsaam op paaie, bestuurders en voetgangers!

Meer inligting is bekend oor die toenemende voetgangerverwante ongelukke wat die MVA-fonds aangemeld het. Van 1 Januarie tot 4 Junie 2025, het ongelukke met 15 persent gestyg, beserings met 14 persent en sterftes met 45 persent. Die hoof korporatiewe beampte by die fonds, John Haufiku, het meer.
20 Jun 10AM 1 min

NMF se Jacobs vertel oor Kyalami se opgraderings

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsport-federasie Derek Jacobs het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat die FIA-beheerliggaam Kyalami se opgraderingsplanne goedgekeur het. Dit sal dit die enigste Graad 1-baan in Afrika maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering sal nie die…
20 Jun 10AM 1 min