
Winsgewendheid daal in beesvleisbedryf
Loading player...
Volgens kenners staar Suid-Afrika se beesvleisbedryf ernstige uitdagings in die gesig. In Limpopo verkoop boere hul stoetdiere, pryse bly laag en insetkoste styg. Landbou-ekonoom professor Johan Willemse deel insigte oor waarom winsgewendheid in die vleisbedryf vinnig besig is om te verdwyn. Volgens Willemse moet boere begin uitvoer.